Innibos se tema vir die jaar is VARS! en Die Wingerd is ‘n splinternuwe konsep wat beloof om al die sintuie te prikkel. Die boomryke area tussen die twee rye klaskamers (die ou Kunspark) gaan omskep word in ‘n pragtige kuiertuin. Daar gaan verskeie wynstalletjies wees waar feesgangers wyn kan proe en saam met die heerlike kos kan geniet. Daar gaan ook pragtige kuns- en lekker kosstalletjies wees. Die aanbieding op die verhoog in hierdie area gaan sorg dat die feesgangers heeldag net daar wil uitspan. Daar gaan interessante boekebesprekings en kosdemonstrasies, radio-uitsendings, sangers en vele ander aktiwiteite wees. Hierdie is ‘n nuutjie wat beslis die besoek werd gaan wees!
Similar Posts
ATKV Boeke-Crawl 2024
Na ʼn afwesigheid van 4 jaar is die boeke-crawl weer terug op die Innibos spyskaart. Hierdie produksie was een van Innibos se wenresepte en die kaartjies daarvoor was elke jaar héél eerste uitverkoop. Met woorde, sinne, verse, verhale en musiek is die ATKV Boeke-crawl ʼn unieke en eiesoortige woordreis. Die ATKV Boeke-crawl is ʼn moet…
Volkslied Kunsuitstalling 2026: ’n Visuele Interpretasie van Nkosi Sikelel’ iAfrika
VISUELE KUNSGroepuitstalling Volkslied/Anthem VISUELE KUNS Opening: Woensdag 1 Julie 2026 om 18:00 Galery-ure: Daagliks tussen 10:00 en 17:00 Begeleide rondleiding: 12:00 daagliks Plek: Innibos-kunsgalerye by Hoërskool Bergvlam Deelnemende kunstenaars: Bob Mnisi, Dineo Mauke, Elize Buitendag, Eric Manganye, Ingrid Uys, John Moore, Michael Selekane, Rene Eloff, Samantha Maseko, Willem Pretorius en ander ’n Volkslied word gedefinieer…
KUNS GROEPUITSTALLING: Tuiskoms/Homecoming
KUNS GROEPUITSTALLING: Tuiskoms/Homecoming Opening: Dinsdag 2 Julie 2025 om 18:00 der LUR L Mabuza Galery-ure: Daagliks tussen 10:00 en 17:00 Begeleide Rondleiding: 12:00 en 15:00 daagliks Venue: Innibos Kunsgalery by die Bergvlam Hoërskool Restaurant Deelnemende kunstenaars: Reuben Mpangane, Erica Schoeman, Odette Saayman, Mariana Zwaan-de Bruin, Winston Thekiso, Bob Mnisi, Ingrid Uys, Wendy Sippel, Lisa Tristram,…
Uitsoekprodukte en kos van topgehalte by die Bosmôl!
Elke jaar word die gronde by Bergvlam Hoërskool omskep in ʼn feestelike terrein waar feesgangers na hartelus hulle kooplus kan bevredig. Vanjaar is die Bosmôl en piazza net die plek om te wees. Daar is ʼn magdom van nuwe uitstallers wat nog nooit voorheen by die fees was nie. Uitgesoekte produkte van reg oor die…
By Innibos is die jongspan die VIP’s – en laerskoolkinders kom steeds GRATIS in!
Vir Toyota Innibos is dit vir ons uiters belangrik dat die jonklomp die fees tot sy maksimum geniet en daarom kom laerskoolkinders steeds gratis feesterrein toe. Volgens feesbestuurder, Andy Lubbe, plaas Innibos ‘n baie sterk fokus op kinders en gesinne. Dit moet ‘n fees wees waar die hele gesin welkom voel en waar daar iets…
Span slaan nuwe blaadjie om
Span slaan nuwe blaadjie om Dieselfde lekker feesresep – net nóg lekkerder! Daar is groot opgewondenheid hier by Innibos, want ons beplan sommer heelwat opwindende veranderinge en nuwighede vir vanjaar se fees! Met ons gedugte span aan stuur van sake, Andy Lubbe, Sandra Jacobs, Philna Scholtz, Adelene Niehaus, Pippa Botha, Alison Linde, en ons jongste…
