Ons nooi alle skole uit om deel te neem aan ons spesiale skoolkreet-kompetisie ter viering van Kurt Darren. (Innibos vereer vanjaar hierdie kunstenaar vir sy groot bydrae tot Afrikaanse kontemporêre musiek). Dit is tyd om die gees hoog te hou en die lekkerste vibes na vore te bring!
Wat moet julle doen? Kry ’n groep, of die hele skool – onderwysers, leerders en personeel – en neem ’n video waar julle in die saal of op die pawiljoen sing en dans op HOP HOP SPINNEKOP of enige ander Kurt Darren-treffer. Hoe groter die gees, hoe beter julle kans om te wen!
Reëls en Reëlings vir die Kompetisie:
Maak seker julle video sluit die volgende in:
So, bring julle skool se grootste gees en dalk is julle die gelukkige wenners van hierdie LEKKER prys!
Dié wat Innibos al vantevore beleef het, weet dat dit ’n fees is wat telkens verras, en 2025 gaan beslis geen uitsondering wees nie.
Maak seker jy mis dit nie: Innibos vind vanaf 3 tot 6 Julie plaas. Ons is besig om ’n nuwe hoofstuk te skryf – en jy is deel van die storie!
Wil jy weet sodra kaartjieverkope begin? Teken in op ons nuusbrief en ons laat weet jou wanneer jy jou kaartjies kan koop.