Moord met ’n T

Moord met ’n T

KOMEDIE

Met Tobie Cronje, Ignatius van Heerden, Andre Lotter

Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord, want Cruella is net oor haar erfporsie begaan.

Die ondersoekbeampte, speurder-sersant Wihan Beyleveld, stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis waar hy met die vreemde opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry en waar daar nuwe vrae ontstaan. Is Bakkies regtig dood en as hy nie is nie, wie is die spook wat op ’n haar na hom lyk, en wie se lyk is in die lykshuis? Maar dis nie al nie: waar pas PJ die privaatspeurder in? En hoe het die gif in Bakkies se lyf gekom? ’n Lekker-lag-komedie wat jou sal laat snak na jou asem.

Produksie Inligting

Teks: Braam van der Vyver

Regie: Lihan Pretorius

Gradering: Geen O/13

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 70 min

Prys: R195

Similar Posts

  • Speelgoed van Glas

    Speelgoed van Glas DRAMA Met Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin ’n Nuwe vertaling en verwerking van Tennessee Williams se tydlose meesterstuk The Glass Menagerie. Hierdie drama ontknoop die fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe…

  • Marion Monroe

    Marion Monroe KOMEDIE Met Marion Holm “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak…

  • Ek vra ook maar net?

    Ek vra ook maar net? Met Wynand van Vollenstee. Hoekom is daar veiligheidgordels in vliegtuie? Wie het gedink dieretuine is ’n goeie idee? As die spoedgrens 120 km/h is, hoekom kan my kar 180 km/h ry? Wie is die “hulle” wat almal altyd van praat? Waarvan word “100% recycled toilet paper” gemaak? In hierdie satiriese…

  • Seun

    Seun DRAMA Met Wilhelm van der Walt Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het….

  • Geagte Kampeerders

    Geagte Kampeerders KOMEDIE Met Wynand van Vollenstee en Thiart Li “Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaterspad – die bo-gemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaars se paradys, behulpsame staf, ekstra-breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir…