| |

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin

Vir die fynproewer is daar hierdie area spesiaal met lekker wyn, lekker kos, lekker musiek en lekker aktiwiteite.

Kom kry wenke by Chef Tiaan hoe om ʼn kaasbord te pak, leer meer van pasta en hoe om ʼn braaibroodjie te maak. Marinda Engelbrecht gaan jou wys hoe om geur in jou kos te sit en hoe om olie en souse in geregte te gebruik.

Musiek van uitstaande gehalte gaan hier met lekkerness voorgesit word. Kom luister na sangers soos Bianca Blanc, Damian Beer, Len Muller asook uitsonderlike plaaslike talent soos Thapelo Lekoane, Meisie en Wanda Zonke.

Similar Posts

  • kykNET Konsert

    Saterdag Feesterrein en Kyknet Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Saterdag 5de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die kykNET -konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13)…

  • Skilder en Wyn

    Skilder en Wyn Met Hannelie Swart en Ana van Achterbergh. Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees hou by Innibos. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word…

  • Trou

    Trou Musiekteater – Komedie Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by…

  • JacarandaFM Konsert

    Vrydag Feesterrein en JacarandaFM Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Vrydag 4de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die JacarandaFM-konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal…