Gé Sing – Hoor my lied

Gé Sing - Hoor my lied

Kontemporêr

Met Johan Brummer (Fatman), Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Angelo Roman, Theuns Botha

Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word met hierdie huldeblyk-produksie gevier. Oudiovisuele argiefmateriaal word teen ’n skerm geprojekteer om die gehoor ’n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte in Gé Korsten as kunstenaar, mens en pa te bied.

Sy musikale nalatenskap word op ’n vars wyse deur vier van die land se voorste kunstenaars geïnterpreteer. ’n Vol orkes, onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker begelei die viermanskap.

Produksie Inligting

Gradering: Gesin

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 120 min (sluit pouse in)

Prys: R295

Similar Posts

  • kykNET Konsert

    Saterdag Feesterrein en Kyknet Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Saterdag 5de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die kykNET -konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13)…

  • Huisgenoot Afskopkonsert

    Donderdag Feesterrein en Huisgenoot Afskopkonsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Donderdag 3de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die Huisgenoot Afskopkonsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13)…

  • Opera – Tango

    Opera – Tango Klassiek / Opera Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble. Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van…

  • Trou

    Trou Musiekteater – Komedie Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by…

  • |

    kykNET Country

    kykNET Country Maak seker jy kom gestewel en gespoor op Saterdag, 5 Julie 2025 na die feesterrein, want Innibos het vanjaar vir die eerste keer ʼn kykNET Country Konsert. Hierdie hie-ha lekkerte vind plaas op die kykNET-verhoog en begin om 16:00. Kom skoffel saam met Country sangers soos Cordelia, Skemer, Franja du Plessis, Ruan Josh…