Opera – Tango

Opera - Tango

Klassiek / Opera

Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble.

Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van klank en emosie. Met Zanne se ryk, besonderse stem en die uitmuntende begeleiding van Albie op die klavier, word die gehoor meegesleur deur die mees ikoniese opera-arias en vurige Spaanse Zarzuela-arias. Zanne is bekend vir haar sielvolle en passievolle vertolkings. In arias soos Lascia ch’io Pianga en Come Scoglio word die emosionele intensiteit van elke noot en elke woord oorgedra. Albie se klavierspel is terselfdertyd delikaat en kragtig – ’n getuienis van sy merkwaardige kunstenaarskap. Die konsert bereik ’n hoogtepunt met die die Milonga uit Astor Piazzolla se tango-opera Maria de Buenos Aires. Opera-Tango is ’n magiese musikale reis gevul met die diepe skoonheid van klassieke musiek.

Produksie Inligting

Musiekregie: Albie van Schalkwyk en Zanne Stapelberg

Gradering: Gesin

Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Centre

Tydsduur: 75 min

Prys: R195

Similar Posts

  • |

    kykNET Country

    kykNET Country Maak seker jy kom gestewel en gespoor op Saterdag, 5 Julie 2025 na die feesterrein, want Innibos het vanjaar vir die eerste keer ʼn kykNET Country Konsert. Hierdie hie-ha lekkerte vind plaas op die kykNET-verhoog en begin om 16:00. Kom skoffel saam met Country sangers soos Cordelia, Skemer, Franja du Plessis, Ruan Josh…

  • Trou

    Trou Musiekteater – Komedie Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by…

  • kykNET Konsert

    Saterdag Feesterrein en Kyknet Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Saterdag 5de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die kykNET -konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13)…

  • Loof Hom Innibos

    Loof Hom Innibos Met Ilán van Staden, Chris Else en Onbeskaamd. Innibos sluit die fees op ‘n gepaste wyse af en almal word hartlik uitgenooi om te kom deel in die danksegging en lofprysing saam met Ilán van Staden, Chris Else en Onbeskaamd. Hierdie is ʼn GRATIS konsert, maar daar word kollekte na die tyd…